Jeremiah 50:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar dit sal heeltemal 'n wildernis wees;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal sy woede op Babel uithaal. Dit sal ’n plek wees sonder inwoners, ’n algehele woesteny. Verbygangers sal geskok wees en fluit van verbasing oor Babel se toestand.
Afrikaans 1933/1953 Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.
Afrikaans 1983 In my toorn maak Ek hom onbewoonbaar, hy sal heeltemal verlate word: elkeen wat by Babel verbykom, sal verbyster staan en fluit van verbasing oor alles waardeur die stad getref is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanweë die Here se grimmigheid sal sy nie bewoon word nie; sy sal heeltemal verlate wees. Elkeen wat by Babel verbygaan, sal verslae wees en fluit oor al haar wonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is kwaad, daar sal niemand in Babel woon nie, dit sal 'n leë stad word. Elkeen wat by Babel verbygaan, sal bang word en fluit oor alles wat met die stad gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal sy woede op Babel uithaal. Dit sal ’n plek sonder mense word. Mense sal nie meer daar wil bly nie omdat dit so ’n verwoeste en verlate plek is. Mense wat daar verbyloop, sal geskok wees en fluit van verbasing oor die toestand van die plek.”