Jeremiah 50:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou moeder sal baie beskaamd staan; sy wat jou gebaar het, sal beskaamd staan; kyk, die agterste van die nasies sal 'n woestyn, 'n droë land en 'n woestyn wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar julle eie land sal verneder word en in die skande kom. Sy sal die geringste onder al die volke wees, ’n dorre en verlate woestyn.
Afrikaans 1933/1953 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, 'n woestyn, 'n dor land en 'n wildernis.
Afrikaans 1983 Daar wag groot ontnugtering vir julle stad, vir Babel, daar wag vernedering vir die volk waaruit julle kom: hy gaan die minste word van die nasies, sy land gaan 'n dor woestyn, 'n droë vlakte word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moeder sal erg beskaamd staan; sy wat julle in die wêreld gebring het, sal verleë wees. Kyk, sy is die geringste van die nasies, 'n woestyn, 'n droë land, 'n dor vlakte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dit sal sleg gaan met julle, julle vyande sal julle verneder, julle sal die volk word wat die minste belangrik is, julle land sal 'n droë woestyn word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar julle eie land sal nog met skande en skaamte oorval word. Julle sal verneder word en in die skande kom. Van al die volke sal die mense die minste van julle dink. Julle land sal ’n dorre en verlate woestyn word.