Jeremiah 50:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat julle bly was, omdat julle bly was, o verwoesters van my erfdeel, omdat julle vet geword het soos 'n vers in die gras en gebulder soos bulle;
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle het my mense besteel, hulle wat Ek vir My uitgesoek het. Julle is vrolik en bly daaroor. Julle spring rond soos ’n verskalf wat koring uittrap, en soos perde wat runnik.
Afrikaans 1933/1953 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos 'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste --
Afrikaans 1983 Ja, wees maar vrolik, jubel maar, julle wat nou my eiendom plunder! Huppel maar soos 'n verskalf wat koring uittrap, runnik maar soos hingste!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, wees maar vrolik, wees maar uitgelate, plunderaars van my erfenis! Ja, bokspring maar soos 'n verskalf in groen gras, runnik maar soos hingste!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Galdeërs, julle wat nou die goed wegdra uit my stad, julle is nou bly en julle juig, julle spring rond soos kalwers op 'n dorsvloer, julle raas, julle runnik soos perde-hingste.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Julle mense van Babel, julle het my mense wat Ek vir My uitgesoek het, besteel. En nou is julle boonop vrolik en bly daaroor. Julle gaan te kere soos ’n kalf wat in die gras rondspring of soos ’n perd wat runnik.