Jeremiah 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle was soos gevoede perde in die môre: elkeen het sy naaste se vrou agtervolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is soos goed versorgde, bronstige hingste, wat runnik agter hulle buurman se vrou aan.
Afrikaans 1933/1953 Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.
Afrikaans 1983 Soos bronstige hingste het hulle geword, hulle runnik elkeen agter sy naaste se vrou aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het bronstige, paarlustige hingste geword; elkeen van hulle runnik vir die vrou van sy medemens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het geword soos perde-hingste wat vet is en merries soek: Elkeen van hulle wil slaap by sy buurman se vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of hulle is soos goedversorgde perde wat altyd op soek is na ’n merrie, soos mans wat ’n buurman se vrou wil hê.