Jeremiah 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe sal ek jou hiervoor vergewe? u kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen gode is nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe kan Ek julle vergewe? Selfs julle kinders het My verlaat. Hulle beloof trou aan gode wat nie gode is nie! Ek het hulle versorg; tog pleeg hulle egbreuk en drom saam in bordele.
Afrikaans 1933/1953 Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.
Afrikaans 1983 Waarom sou Ek jou vergewe? Jou inwoners het My verlaat, hulle sweer trou aan afgode. Ek het hulle trou laat sweer aan My, maar tog pleeg hulle egbreuk en drom hulle saam in bordele.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Om watter rede sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat, en sweer by wat geen gode is nie. Ek het hulle versadig, maar hulle het egbreuk gepleeg, in 'n hoerhuis onderdak gevind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerusalem, Ek kan jou mense nie vergewe vir hierdie dinge nie. Hulle het weggegaan van My en wanneer hulle dinge belowe het, dan het hulle gesê die afgode is getuies. Ek het hulle genoeg gegee, hulle kon daarvan lewe, maar toe het hulle afgode gaan dien. Hulle het bymekaargekom in die tempels van die afgode.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wil by Juda weet: “Hoe kan Ek julle vergewe? Selfs julle kinders het teen My in opstand gekom. Hulle beloof om getrou te wees aan gode wat nie eens regte gode is nie. Ek het nog altyd baie goed vir hulle gesorg. En hoe wys hulle hulle dankbaarheid? Hulle loop agter ander gode aan en is net soos mense wat tyd by bordele deurbring.