Jeremiah 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal 'n leeu uit die bos hulle doodmaak, en 'n wolf van die aande sal hulle buit; 'n luiperd sal oor hulle stede waak: elkeen wat daarvandaan uittrek, sal verskeur word, want hulle oortredinge en hulle afkerighede is baie en word verhoog.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal ’n leeu uit die bos hulle aanval, ’n woestynwolf hulle verskeur. ’n Luiperd sal naby die dorpe lê en loer en enigiemand verskeur wat waag om uit te kom. Dit sal gebeur omdat hulle oortredings so baie is en hulle so opstandig is.
Afrikaans 1933/1953 Daarom maak 'n leeu uit die bos hulle dood, 'n wolf van die wildernisse verniel hulle; 'n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan, word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede geweldig.
Afrikaans 1983 Daarom sal leeus uit die bos hulle kom doodmaak, wolwe uit die woestyn hulle kom verskeur, en luiperds by hulle stede op die loer lê om elkeen wat uit die stad uitgaan, te vang. Hulle oortredings is baie, hulle het gedurig afgedwaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom trek 'n leeu uit die bos hulle plat, gaan 'n wolf hulle verniel. 'n Luiperd hou hulle dorpe dop; elkeen wat daar uitgaan, word verskeur. Want hulle oortredings is talryk, hulle afvalligheid is oorweldigend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Daarom sal leeus uit die bos en wolwe uit die woestyn hulle kom doodmaak, luiperds sal by die stede lê en wag en hulle sal elkeen doodbyt wat uitkom. Dit sal gebeur omdat hulle altyd so opstandig was teen My en omdat hulle My verraai het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sal Juda se vyand hulle soos roofdiere aanval. Hulle is soos leeus wat in ’n bos lê en dan uitkom om mense dood te maak. Soos woestynwolwe wat ander verskeur. Soos ’n luiperd wat naby die stede lê en loer en enigiemand wat dit waag om uit te kom uitmekaarskeur. Dit sal gebeur omdat hulle so baie goed verkeerd doen en dislojaal aan die Here is.