Jeremiah 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ek gesê: Waarlik, hulle is arm; hulle is dwaas, want hulle ken die weg van die HERE nie en die reg van hulle God nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gedink: “Wat kan ons verwag van armes en onkundiges? Hulle ken nie die Here se pad nie en verstaan nie wat God van hulle verwag nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die HERE, die reg van hulle God, nie ken nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het eers gedink: dis maar die gewone mense wat so dwaas optree, want hulle ken nie die wil van die Here nie, hulle weet nie wat hulle God van hulle verwag nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het by myself gedink: Hulle is maar die armes; hulle is dom, want hulle ken nie die weg van die Here, die beslissings van hulle God nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek, ek het gedink hulle is so omdat hulle arm mense is, hulle is dom en hulle weet nie wat die Here wil hê nie, hulle weet nie dat hulle God wil hê hulle moet reg doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eers het ek gedink: “Wat kan ’n mens nou ook eintlik van arm en eenvoudige mense verwag? Hulle weet nie van beter nie. Hulle besef nie regtig wat die Here van hulle verwag nie. |