Jeremiah 5:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die profete profeteer vals, en die priesters regeer deur hulle middele; en my volk wil dit graag so hê; en wat sal julle aan die einde daarvan doen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profete gee vals profesieë, die priesters regeer met ’n ysterhand. En die ergste van alles is dat my volk tevrede is daarmee! Maar wat sal julle doen as die einde kom?” |
| Afrikaans 1933/1953 | die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan? |
| Afrikaans 1983 | die profete tree vals op, die priesters regeer met hulle eie gesag, en my volk hou daarvan! Maar wat sal julle doen as die einde kom? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die profete profeteer leuens, en die priesters skraap hande vol bymekaar. En my volk hou daarvan so! Wat meer sal julle nog doen?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profete bring boodskappe wat hulle nie by die Here gekry het nie, die priesters regeer soos hulle wil, en my volk hou daarvan. Maar wat sal julle doen wanneer die einde kom? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | die profete praat nie die waarheid nie. Die godsdienstige leiers regeer die mense met ’n ysterhand. Die ergste van alles is dat my mense heeltemal tevrede daarmee is! Maar wat sal julle doen wanneer die einde kom?” |