Jeremiah 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, is u oë nie op die waarheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het nie bedroef nie; U het hulle verteer, maar hulle het geweier om tugtiging te ontvang; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots; hulle het geweier om terug te keer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U verwag van mense om eerlik te wees. U het hulle geslaan, maar hulle gee nie aandag nie. U het hulle swaar getref, maar hulle het hulle nie van sondes bekeer nie. Hulle is hardkoppige mense en het geen berou getoon nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots, geweier om hulle te bekeer. |
| Afrikaans 1983 | En dit terwyl U waarheid eis, Here! U het hulle geslaan, maar hulle het hulle nie aan U gesteur nie; U het hulle hard geslaan, maar hulle het hulle nie laat leer nie, hulle koppe was harder as klip, hulle het geweier om hulle te bekeer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, u oë, is dit nie gerig op betroubaarheid nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie. U het hulle verniel, maar hulle het geweier om teregwysing te aanvaar. Hulle het hulle gesigte harder gemaak as 'n rots; hulle het geweier om om te draai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U wil kyk of hierdie mense doen wat U wil hê. Maar toe U hulle geslaan het, het hulle nie seergekry nie. Toe U hulle laat swaarkry het, wou hulle nie luister nie. Hulle koppe was harder as klip, hulle wou nie verander nie, hulle wou nie lewe soos U wil hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U verwag van mense om eerlik te wees. U het u mense al ’n slag gestraf, maar dit het geen indruk op hulle gemaak nie. U het hulle verpletter, maar hulle wou nie leer nie. Hulle is hardkoppige mense, hulle weier om die verkeerde goed wat hulle doen te los en gehoorsaam aan U te wees. |