Jeremiah 5:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal ek nie vir hierdie dinge besoek nie? spreek die HERE: Sal my siel nie gewreek word op so 'n nasie soos hierdie nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Behoort Ek hulle nie hiervoor te straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op ’n nasie soos hierdie nie?” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie? |
| Afrikaans 1983 | Sal Ek hulle nie hieroor straf nie? vra die Here. Sou Ek My nie wreek op 'n nasie soos hierdie nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sou Ek daaroor nie rekenskap eis nie?” is die uitspraak van die Here. “Of sou Ek My op 'n nasie soos hierdie nie wreek nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wil julle hê Ek moet hierdie dinge nie raaksien nie? Moet Ek mense wat so doen, nie straf oor wat hulle gedoen het nie?” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here vra: “Verdien hulle dit nie dat Ek hulle hiervoor moet straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op mense soos hierdie nie? |