Jeremiah 5:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle is vet geword, hulle straal, ja, hulle oortref die werke van die goddelose; en die reg van die behoeftige oordeel hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is vet en blink! Hulle verkeerde dade het geen grense nie. Hulle ontsê reg aan weeskinders en dra nie die belange van die armes op die hart nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie. |
| Afrikaans 1983 | vet en blink. Hulle boosheid ken geen perke nie, hulle laat die reg nie seëvier nie, hulle verydel die reg van die weeskind en behartig nie die regsaak van die armes nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vet en blink geraak; hulle is ook onoortreflik met dade van boosheid. 'n Regseis waaroor hulle nie uitspraak lewer nie, is die regseis van 'n vaderlose kind, sodat hulle dit nie laat slaag nie. Oor die regsaak van behoeftiges gee hulle geen beslissing nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle word vet en blink. Hulle is regters in die hof wat nie reg doen aan mense nie, hulle laat verkeerde dinge gebeur. Die slegte mense laat weeskinders en arm mense verloor wanneer hulle vra dat iemand reg moet doen aan hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is vet en blink! Hulle hou ook nie op om slegte dinge te doen nie. Hulle sorg nie dat mense regverdig en billik behandel word nie. Hulle kyk ook nie dat weeskinders regverdig behandel word nie. Hulle dra ook nie die belange van die armes op die hart nie.” |