Jeremiah 5:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n hok vol voëls is, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle huise is vol bedrieglike planne, net soos ’n hok vol voëls. Daarom is hulle nou belangrik en ryk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n voëlvanger 'n hok vol voëls maak, het hulle hulle huise volgemaak met bedrog; dit is waarom hulle magtig en ryk is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n mandjie vol voëls, so is hulle huise vol bedrog. Daarom het hulle belangrik en ryk geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle huise is vol mense wat vir hulle geld skuld en vir hulle moet werk. Dit is soos 'n hok wat 'n mens vol voëls maak wanneer jy hulle vang. Hulle word ryk omdat hulle mense bedrieg, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle huise is vol van al die bedrog wat hulle beplan om te pleeg. Dit is net soos ’n hok wat vol voëls is. En wat gebeur as gevolg daarvan? Hulle is nou belangrike en ryk mense. |