Jeremiah 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want onder my volk word goddelose manne gevind; hulle stel 'n strik, hulle vang mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onder my volk is daar bose mense wat strikke stel soos voëljagters. Hulle stel strikke, maar vir mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het 'n val gestel, hulle vang mense. |
| Afrikaans 1983 | Daar is goddelose mense onder my volk: soos voëlvangers stel hulle strikke en wippe om mense mee te vang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ja, daar is goddeloses wat hulle onder my volk bevind. Gebukkend loer hulle, asof in die skuiling van voëlvangers. Hulle stel wippe; mense, dié vang hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want daar is slegte mense in my volk, hulle vang mense soos hulle voëls vang in vangstrikke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is slegte mense onder my volk wat voëls stilletjies soos ’n jagter bekruip. Hulle slagoffers is egter nie voëls nie, maar mense. |