Jeremiah 5:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê nie in hulle hart nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, die eerste sowel as die laaste, op sy tyd; Hy bewaar vir ons die vasgestelde weke van die oes.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit kom nooit by julle op nie om te sê: ‘Kom ons aanbid die Here ons God wat vir ons reën gee op die regte tyd. Hy gee die herfsreëns en die lentereëns sodat ons goeie oeste het.’
Afrikaans 1933/1953 en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
Afrikaans 1983 Hulle het nie vir hulleself gesê: “Ons moet die Here ons God dien wat ons die groot reëns gee, die vroeë en die laat reëns, elkeen op die regte tyd, wat vir ons gesorg het met oeste op die regte tyd” nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het nie by hulleself gedink nie, Ons moet tog ontsag hê vir die Here ons God, vir Hom wat reënbuie gee – vroeë en laatreëns, elkeen op sy tyd, vir Hom wat die vasgestelde weke van die oes vir ons in stand hou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het nie gesê: ‘Kom ons dien ons God die Here wat die reën gee, die vroeë reën en die laat reën op die regte tyd, en wat ook die weke altyd weer laat kom wanneer ons die koring moet afsny.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit kom nooit by julle op om te sê: ‘Kom ons gee eer aan die Here wat vir ons die reën op die regte tyd gee’ of ‘Wat ook op die regte tyd vir ons ’n goeie oes gee’ nie.