Jeremiah 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle sê: Waarom doen die HERE onse God al hierdie dinge aan ons? dan moet jy hulle antwoord: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so moet julle vreemdelinge dien in 'n land wat nie aan julle behoort nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle mense sou vra: ‘Waarom doen die Here God hierdie dinge aan ons?’ moet julle antwoord: ‘Ons het God verraai en vreemde gode hier in ons eie land aanbid. Nou sal ons as vreemdelinge in hulle land moet dien.’”
Afrikaans 1933/1953 En as julle sê: Waarvoor het die HERE onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in 'n land wat julle s'n nie is nie.
Afrikaans 1983 As hulle vra: “Waarom het die Here ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?” moet jy hulle antwoord: Net soos julle My, die Here, verlaat het en vreemde gode in julle eie land gedien het, so sal julle in 'n land wat nie aan julle behoort nie, vreemdes dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as julle sou vra, ‘Waarom het die Here ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?’ moet jy vir hulle sê, ‘Soos wat julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, sal julle vreemdes dien in 'n land wat nie aan julle behoort nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jeremia, hulle sal vra: ‘Hoekom het ons God die Here hierdie dinge aan ons gedoen?’ Jy moet dan vir hulle sê: ‘Julle het weggegaan van My en julle het gode van ander volke gedien in julle land. Net so sal julle ander konings dien in 'n land wat nie aan julle behoort nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die mense sou vra waarom doen die Here hierdie dinge aan ons, moet julle antwoord: ‘Ons het die Here verraai en ander vreemde gode hier in ons eie land begin dien. Nou sal ons vreemde mense in ’n vreemde land moet dien.’”