Jeremiah 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal jou oes opeet en jou brood wat jou seuns en jou dogters moet eet; hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet; hulle sal jou wingerde en jou vyebome opeet; hulle sal jou omheinde stede verarm waarin hulle jy het vertrou, met die swaard.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal julle oes en julle kos vernietig, julle seuns en dogters om die lewe bring, julle kleinvee en beeste slag en julle druiwe en vye opeet. Die versterkte dorpe waarop julle vertrou, sal hulle vernietig.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.
Afrikaans 1983 Hulle sal jou oeste en jou kos verteer, jou seuns en jou dogters om die lewe bring, jou kleinvee en jou beeste slag en jou wingerdstokke en jou vyebome vernietig, jou vestingstede waarop jy jou vertroue vestig, met die swaard inneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié nasie sal jou oes en jou brood verslind; hulle sal jou seuns en dogters verslind; hy sal jou kleinvee en beeste verslind; hy sal jou wingerd en vyebome verslind; hy sal jou versterkte stede waarop jy vertrou, verpletter met die swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal julle kos op-eet wat in julle koringlande of in julle huise is, hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak, hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet. Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes, hulle sal julle stede wat die sterk mure het, plat slaan met hulle swaarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal alles wat hulle in die hande kry, opeet. Hulle sal die oes opeet en ook al julle kos. Verder sal hulle ook julle kinders doodmaak en die kleinvee en beeste slag. Maar dit is nog nie die einde nie. Hulle sal julle wingerde en vyebome verniel. Julle het van julle stede sterker gemaak met mure en dik deure en gedink dat julle daarin veilig sal wees. Maar die waarheid is dat hulle hierdie stede ook sal verwoes.”