Jeremiah 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek bring 'n nasie van ver oor julle, o huis van Israel, spreek die HERE; dit is 'n magtige nasie, dit is 'n ou nasie, 'n nasie wie se taal jy nie ken nie en nie verstaan wat hulle sê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder sê die Here vir Israel: “Ek sal ’n volk wat van ver af kom teen julle laat optrek. Dit is ’n volk wat baie oud en sterk is, ’n nasie wie se taal julle nie ken nie, wie se woorde julle nie verstaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die HERE; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.
Afrikaans 1983 Kyk, mense van Israel, Ek laat 'n nasie uit 'n ver land teen julle optrek, sê die Here, 'n nasie wat lankal bestaan, van die ou tyd af, 'n nasie wie se taal julle nie ken nie, wie se woorde julle nie verstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, Ek gaan teen julle 'n nasie bring, van ver af, huis van Israel,” is die uitspraak van die Here. “Dit is 'n bestendige nasie, 'n nasie wat van oudsher af daar is, 'n nasie wie se taal jy nie ken nie, en jy sal nie verstaan wat hulle praat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Israel, Ek sal nou 'n volk van ver bring om julle aan te val, 'n volk wat lankal daar is, van lank gelede af. Daardie volk praat 'n taal wat julle nie verstaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder sê die Here vir Israel: “Ek laat ’n volk wat van ver af kom, teen julle optrek. Dit is ’n baie ou en sterk volk. Julle ken nie eens hulle taal nie en sal nie ’n woord kan verstaan wat hulle sê nie.