Jeremiah 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond tot vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die Here God, die Almagtige: “Omdat die mense dit gesê het, sal Ek my woorde in jou mond maak soos vuur wat hulle sal verbrand asof hulle vuurmaakhout is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer. |
| Afrikaans 1983 | Die Here, die almagtige God, het vir my gesê: Omdat hulle dit gesê het, maak Ek my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, sodat die vuur hulle verteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here, die God van alle magte: “Omdat julle hierdie woord spreek – kyk, van my woorde in jou mond gaan Ek 'n vuur maak, en van hierdie volk brandhout. Dit sal hulle verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, die God wat oor alles regeer, sê: “Omdat hulle dit gesê het, maak Ek nou my woorde in Jeremia se mond 'n vuur, en Ek maak hierdie volk die hout. Die vuur sal hulle brand, daar sal niks oorbly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê: “Omdat dit hulle praatjies is, Jeremia, sal Ek my woorde in jou mond soos vuur maak. Die boodskappe sal hierdie mense brand asof hulle vuurmaakhout is.” |