Jeremiah 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die profete sal wind word, en die woord is nie in hulle nie; so sal met hulle gedoen word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profete is soos wind — sonder enige goddelike gesag. Hulle voorspelling van rampe sal oor hulleself kom!’”
Afrikaans 1933/1953 en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met hulle gaan!
Afrikaans 1983 Wat die profete sê, is wind, dit is nie die woord van die Here nie. Mag wat hulle sê, oor hulleself kom!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die profete sal wind word; die uitsprake van God is nie by hulle te vinde nie.” Mag dit met hulle so gaan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profete praat nonsens, hulle sê dinge wat die Here nie gesê het nie. Wat hulle sê, sal met hulleself gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profete, die Here se boodskappers, se woorde is soos wind. Wat hulle praat, kom nie van die Here af nie. Mag die slegte dinge wat hulle sê gaan gebeur, op hulle eie kop afkom.’”