Jeremiah 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hardloop heen en weer deur die strate van Jerusalem, en kyk nou en weet en soek in die wydtes daarvan of julle 'n man kan vind, of daar iemand is wat oordeel voltrek, wat die waarheid soek; en ek sal dit vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hardloop op en af in die strate van Jerusalem. Kyk oral rond en soek op die pleine! As julle net een persoon kan kry wat probeer reg lewe en eerlik is, sal Ek die stad spaar.
Afrikaans 1933/1953 Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek -- dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
Afrikaans 1983 Loop op en af in die strate van Jerusalem, kyk rond en let op; gaan soek op sy pleine of julle daar iemand kry wat reg doen, wat die waarheid soek. Dan sal Ek Jerusalem se sonde vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Deurkruis die strate van Jerusalem; kyk tog rond en let op! Soek op haar pleine of julle iemand vind, of daar iemand is wat reg doen, wat na betroubaarheid soek; dan sal Ek haar vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Loop in die strate van Jerusalem en kyk op al die oop stukke grond, kyk of julle een mens kry wat reg doen en wat wys dat die waarheid vir hom belangrik is. As julle so iemand kry, dan sal Ek die stad se sondes vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Hardloop op en af in die strate. Kyk oral om julle rond. Soek by die bymekaarkomplekke in Jerusalem. As julle net een persoon kan kry wat eerlik is en reg probeer lewe, sal Ek die stad spaar.