Jeremiah 49:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As druiwesakkers na jou toe kom, sal hulle dan nie druiwe agterlaat nie? as diewe in die nag, hulle sal vernietig totdat hulle genoeg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Los die druiweplukker nie altyd iets in die wingerd nie? As diewe in die nag inbreek, neem hulle ook nie alles saam nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag -- hulle sal verniel totdat hulle genoeg het. |
| Afrikaans 1983 | As ander jou wingerd kom afoes, sal hulle niks vir jou laat oorbly nie. As daar diewe in die nag kom, steel hulle tot hulle genoeg het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As druiweplukkers na jou toe kom, sal hulle nie 'n naoes laat oorbly nie? As dit diewe in die nag is, verniel hulle net tot hulle genoeg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk, dan laat hulle party druiwetrosse oorbly. Wanneer diewe in die nag kom, dan steel hulle totdat hulle genoeg het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is dit nie so dat die mense wat druiwe pluk, altyd iets in die wingerd los nie? En steel diewe wat in die nag inbreek nie net wat hulle wil hê nie? |