Jeremiah 49:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vlug, draai om, woon diep, o inwoners van Dedan! want Ek sal die rampspoed van Esau oor hom bring, die tyd dat Ek hom besoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Draai om en vlug weg! Julle wat in Dedan bly, kruip weg in grotte! Want Ek gaan Edom met ’n ramp tref. Die tyd van afrekening het gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen. |
| Afrikaans 1983 | Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan! Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vlug, draai om, kruip diep weg, inwoners van Dedan! Want Esau se teenspoed bring Ek oor hom in die tyd wanneer Ek van hom rekenskap eis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat in Dedan woon, julle moet vlug, julle moet omdraai en diep wegkruip, want Ek sal dit sleg laat gaan met die nageslag van Esau. Die tyd het gekom wanneer Ek hulle sal straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Draai om en vlug weg! Julle wat in Dedan bly, kruip in grotte weg! Ek gaan Edom met ’n ramp tref. Die tyd het gekom om met die mense af te reken. |