Jeremiah 49:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangaande Edom, so sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? is raad vergaan van die verstandiges? is hulle wysheid verdwyn?
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie boodskap handel oor Edom. Die Here, die Almagtige, sê: “Is daar nie meer mense in Teman wat verstandig is nie? Wat het geword van mense met gesonde verstand? Is daar niemand oor met goeie raad nie?
Afrikaans 1933/1953 Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?
Afrikaans 1983 Oor Edom. So sê die Here die Almagtige: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Het die manne met insig nie meer raad nie? Het hulle wysheid verdwyn?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Edom. So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Is daar nie meer wysheid in Teman nie? Is raad verlore onder verstandiges? Het hulle wysheid verrot?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, praat oor die land Edom. Hy sê: “Is daar nie wysheid in die stad Teman nie? Die wyse mense weet nie wat om te doen nie. Hulle wysheid het vrot geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Edom is in die kollig: Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Is daar nie meer verstandige mense in Teman nie? Wat het geword van mense met gesonde verstand? Het hulle insig opgedroog?