Jeremiah 49:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek bring vrees oor jou, spreek die HERE HERE van die leërskare, van almal wat rondom jou is; en julle sal elkeen dadelik verdryf word; en niemand sal hom wat dwaal bymekaarmaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, die oppermagtige Here, die Almagtige, sê: Kyk, Ek bring verskrikking oor julle. Julle bure sal julle uitdryf, en julle sal verstrooi word. Niemand sal die vlugtelinge weer bymekaarbring nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.
Afrikaans 1983 Ek bring angs oor jou vir almal rondom jou, sê die Here God, die Almagtige. Julle sal uitmekaargejaag word, en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, Ek gaan vrees oor jou bring, vir almal rondom jou,” is die uitspraak van my Heer, die Here, Heerser oor alle magte. “Julle sal verdryf word, elkeen reguit vorentoe, en niemand sal die vlugtelinge byeenbring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê: “Kyk, Ek laat julle bang word vir almal rondom julle. Vyande sal julle wegjaag na al die kante toe, julle sal vlug en nie agtertoe kyk nie, en niemand sal julle bymekaarmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek, die Here, is sterker as alles en almal. Ek sê vir julle: van alle kante af sal vreeslike goed met julle gebeur. Julle sal uit julle land gejaag word. Elkeen van julle sal in sy eie rigting wegvlug. En daar sal niemand wees wat die mense wat vlug weer bymekaar sal bring nie.