Jeremiah 49:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom roem jy in die valleie, jou vloeiende dal, o afkerige dogter? wat op haar skatte vertrou en gesê het: Wie sal na My toe kom? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat spog julle so met julle vrugbare valleie, julle ontroue mense? Julle vertrou op julle rykdom. Julle dink niemand kan julle aanval nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou voorrade vertrou en sê: Wie sal aan my kom? |
| Afrikaans 1983 | Wat beroem jy jou op valleie, weerspannige volk, op jou waterryke vallei? Jy vertrou op jou rykdom en jy sê: “Wie sal my bykom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom roem jy op jou valleie, op die oorvloed water in jou vallei, afvallige dogter? Sy is die een wat op haar skatte vertrou en sê, ‘Wie sal tot by my kom?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Gesbon, julle dink die valleie en die diep stroom water sal julle beskerm. Julle is opstandige mense, julle dink dit sal julle help as julle baie goed het, julle dink niemand sal julle kom aanval nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle spog tog so graag met julle vrugbare valleie. Julle is eintlik maar ’n ontroue klomp mense. Julle vertrou op julle rykdom en dink dat niemand julle kan aanval nie. Julle maak ’n groot fout! |