Jeremiah 49:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal Elam verskrik maak voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek; en Ek sal onheil oor hulle bring, my gloeiende toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle verteer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal Elam bangmaak vir hulle vyande, vir dié wat hulle lewe soek. Ek bring onheil oor hulle. My gloeiende woede sal onheil oor Elam bring,” sê die Here. “Ek sal oorloë oor hulle bring totdat Ek hulle uitgeroei het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat Elam se mense paniekbevange raak voor hulle vyande, voor dié wat hulle lewe soek; Ek laat 'n ramp teen hulle losbreek, my gloeiende toorn, sê die Here, Ek stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle heeltemal uitgeroei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal Elam verpletter voor hulle vyande, voor dié wat hulle lewens soek; Ek sal onheil oor hulle bring – my brandende toorn’ ” is die uitspraak van die Here. “ ‘Ek sal die swaard agter hulle aanstuur, totdat Ek hulle vernietig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die Elamiete laat bang word vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die Elamiete sal voel hoe brand die vuur wanneer Ek kwaad is en hulle laat swaarkry.” Dit sê die Here. Die Here sê: “Ek stuur vyande met swaarde na die Elamiete toe totdat die Elamiete almal dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die oorsaak wees dat Elam doodbang sal wees vir hulle vyande wat hulle so bitter graag wil doodmaak. Ek is so kwaad vir hulle dat Ek hulle gaan straf. Waar hulle ook al is, sal hulle in gevegte beland en doodgaan. Ek sal hulle heeltemal uitroei. |