Jeremiah 49:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor Elam sal Ek die vier winde uit die vier hoeke van die hemel bring en hulle na al daardie winde verstrooi; en daar sal geen nasie wees waarheen die verdrywe van Elam nie sal kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal vyande uit alle rigtings na Elam toe bring, en Ek sal hulle verstrooi in alle rigtings. Daar sal geen nasie wees waar Elam se ballinge nie sal wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat die vier winde losbreek teen Elam, die winde uit die vier hoeke van die hemelruim, Ek verjaag hulle al die windrigtings in; daar sal nie 'n nasie wees nie of van Elam se vlugtelinge sal daar beland. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal teen Elam vier winde bring van die vier eindes van die hemel; en hulle in al hierdie windrigtings verstrooi. Daar sal nie 'n nasie wees by wie dié wat uit Elam verdryf is, nie kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die winde laat waai oor die Elamiete, die winde uit die ooste, die weste, die noorde en die suide. Ek sal hulle wegjaag voor al hierdie winde, Ek sal hulle wegjaag na al die kante toe, daar sal by elke volk 'n paar Elamiete wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal dat die vyand van Elam al die mense van Elam in verskillende rigtings verstrooi. Dit sal wees soos winde wat Ek uit die vier windrigtings laat kom om hulle te verwaai. Daar sal nie ’n volk êrens wees by wie die mense wat uit Elam gevlug het, nie sal aanland nie. |