Jeremiah 49:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hasor sal 'n woonplek vir jakkalse wees en 'n wildernis vir ewig; daar sal niemand daar woon en geen mensekind daarin woon nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gasor sal ’n eensame en verlate plek wees. Niemand sal meer daar woon nie. Dit sal ’n lêplek wees vir jakkalse.”
Afrikaans 1933/1953 En Hasor sal word 'n lêplek van jakkalse, 'n wildernis tot in ewigheid; niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.
Afrikaans 1983 Gasor sal 'n blyplek vir jakkalse word, vir altyd verlate. Daar sal niemand meer woon nie, geen mens sal daar wil bly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Gasor sal 'n lêplek vir jakkalse word, 'n woesteny vir altyd. Niemand sal daar woon nie, geen mens sal daar oorbly nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gasor sal 'n plek wees vir jakkalse, daar sal nooit weer mense woon nie, nie een mens sal daar bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gasor sal ’n eensame en verlate plek word. Mense sal nie meer daar bly nie. Dit sal net ’n plek wees waar jakkalse bly.”