Jeremiah 49:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle kamele sal 'n buit wees en die menigte van hulle vee 'n buit; en Ek sal die wat in die uithoeke is, in al die winde verstrooi; en Ek sal hulle ondergang van alle kante daarvan af bring, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hulle kamele sal buit wees, hulle groot getalle vee is daar om te plunder. Ek sal hierdie mense wat in afgesonderde plekke woon, in alle windrigtings verjaag. Ek sal sorg dat rampe hulle van alle kante af tref,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle kamele sal buitgemaak word, hulle groot troppe vee sal geroof word. Ek sal hulle oor al die windstreke verstrooi, dié mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer, Ek sal hulle van alle kante af deur rampe laat tref, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hulle kamele sal oorlogsbuit word, en hulle menigte vee geroofde goed. Ek sal hulle in alle windrigtings verstrooi, hulle wat die slape skoonskeer. Van alle kante sal Ek vir hulle teenspoed bring,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle kan hulle kamele vat en ook hulle baie skape en bokke. Ek sal hierdie mense wegjaag na al die kante toe, hierdie mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer. En Ek sal hulle laat bang word vir almal wat daar verbyloop.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat gerus al hulle kamele en hulle groot getalle vee vir julle as buit. Ek sal hierdie mense wat so op die rand van die woestyn bly, in alle windrigtings verjaag. Ek sal dat rampe hulle van alle kante af tref. Ek, die Here, sê so. |