Jeremiah 49:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan op, trek op na die ryk nasie wat sonder sorg woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendels het nie, wat alleen woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here se opdrag is: “Val die volk aan wat so rustig is, hulle wat so veilig woon. Hulle woon afgesonderd, sonder deure of hekke.
Afrikaans 1933/1953 Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.
Afrikaans 1983 Gaan val dié nasie aan wat so sonder sorge is en so rustig woon, het die Here gesê. Sy stede het nie poorte en sluitbalke nie en hy woon eenkant alleen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maak julle gereed! Trek op teen 'n sorgelose nasie wat veilig woon, wat nie poortdeure of sluitbalke het nie, wat alleen woon,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Nebukadnesar gesê: “Julle moet gereedmaak en julle moet 'n volk gaan aanval wat dink hulle is veilig. Hulle stede het nie poorte wat kan toesluit nie, en hulle woon alleen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se opdrag is: “Gaan val die volk aan wat so rustig bly. Hulle dink dat hulle baie veilig is. Hulle bly daar eenkant alleen sonder goed soos hekke en slotte om hulle te beskerm.