Jeremiah 49:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vlug, gaan ver weg, woon diep, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadrésar, die koning van Babel, het teen julle raad gehou en 'n voorneme teen julle beraam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vlug vir julle lewens! Gaan kruip weg in grotte, inwoners van Gasor,” sê die Here. “Koning Nebukadnesar van Babel smee ’n komplot teen julle. Hy gaan ’n plan teen julle in aksie stel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadr,sar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen julle beraam. |
| Afrikaans 1983 | Vlug! Hardloop! Kruip diep weg, inwoners van Gasor! sê die Here; koning Nebukadnesar van Babel het 'n plan met julle, hy het 'n besluit oor julle geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Vlug, bly aan die swerf! Kruip diep weg, inwoners van Gasor!” is die uitspraak van die Here. “Want Nebukadresar, die koning van Babilonië, het 'n besluit teen julle geneem, en 'n plan teen julle beraam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Gasor, die Here sê julle moet vlug, julle moet weghardloop, julle moet diep wegkruip, want koning Nebukadnesar het 'n plan gemaak teen julle, hy wil iets doen teen julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se raad vir die mense van Gasor is: “Vlug vir julle lewe! Gaan kruip weg in plekke wat veilig is. Koning Nebukadnesar het planne gereed oor wat hy met julle wil maak. Hy weet presies wat hy wil doen.” |