Jeremiah 49:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; roep, dogters van Rabba, omgord julle met rouklere; treur, en hardloop heen en weer by die heinings; want hulle koning sal in ballingskap gaan, en sy priesters en sy vorste saam.
Afrikaans (NLV) 2011 “Huil droewig, Gesbon, want die stad Ai is verwoes. Kla maar, inwoners van Rabba! Trek julle rouklere aan, huil en loop heen en weer tussen die mure. Want julle god Milkom sal in ballingskap gaan, saam met sy priesters en sy amptenare.
Afrikaans 1933/1953 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.
Afrikaans 1983 Huil, Gesbon, jy is verwoes, 'n puinhoop, roep om hulp, vroue van Rabba, trek rouklere aan en treur, hardloop heen en weer tussen die landmure, want Milkom word in ballingskap weggevoer saam met sy priesters en sy amptenare.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Huil, Gesbon, want Ai is verwoes! Roep om hulp, dogters van Rabba! Trek rouklere aan! Rou en swerf rond tussen die klipmure, want Milkom gaan in ballingskap, en sy priesters en bevelvoerders saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Gesbon, julle moet huil, want die vyande sal julle stad verwoes, dit sal 'n hoop klippe word. Vroue van Rabba, julle moet skree en vra dat iemand julle moet help. Julle moet rouklere aantrek, julle moet rou, julle moet heen en weer loop tussen die mure om die koringlande, want die vyande vat julle koning weg na 'n ander land, en sy priesters en sy amptenare moet saam met hom gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê verder: “Huil gerus maar droewig, Gesbon, want die stad Ai is verwoes. Kla maar, julle wat in Rabba bly! Trek julle rouklere aan, huil en loop maar heen en weer omdat julle ontsteld is. Die vyand sal julle god Milkom wegdra uit julle land. Hulle sal ook die leiers van die Milkomgodsdiens en sy amptenare vang en saamvat.