Jeremiah 49:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle tente en hulle kleinvee moet hulle wegneem; hulle moet hulle tentdoeke en al hulle voorwerpe en hulle kamele vir hulle neem; en hulle sal na hulle roep: Vrees is rondom ons!
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle tente en vee sal geplunder word en hulle skuilings, besittings en kamele weggedra word. Mense sal uitroep: ‘Daar is oral gevaar!’
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!
Afrikaans 1983 Hulle tente en hulle kleinvee sal gevat word, hulle tentdoeke, hulle gereedskap, hulle kamele sal geroof word, en mense sal vir hulle skreeu: “Gevaar! Gevaar!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vyand vat hulle tente en kleinvee weg; hulle tentdoeke, al hulle goed en hulle kamele vat hulle vir hulleself. Hulle sal oor hulle uitroep, ‘Verskrikking aan alle kante!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) julle moet hulle tente vat en hulle skape en bokke, hulle tentdoeke en al hulle goed. Julle moet hulle kamele wegvat en julle moet vir die mense skree en sê: Daar kom skrik van al die kante!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tente waarin hulle bly en ook hulle vee sal geroof word. Alles wat hulle in hulle blyplekke het, sal gevat word. Hulle kamele sal ook gesteel word. Die mense sal vir hulle skree: ‘Om elke hoek en draai is daar gevaar!’”