Jeremiah 49:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangaande Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel, sal verslaan, so spreek die HERE: Staan op, trek op na Kedar en plunder die manne van die Ooste.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boodskap gaan oor Kedar en die koninkryke van Gasor. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle aangeval. Die Here sê: “Maak reg en val Kedar aan! Vernietig die mense uit die ooste!
Afrikaans 1933/1953 Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.
Afrikaans 1983 Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor wat deur koning Nebukadnesar van Babel aangeval is. So sê die Here: Kom, val vir Kedar aan, verdryf dié mense wat in die ooste woon!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor, wat deur Nebukadresar, die koning van Babilonië, verslaan is. So sê die Here: “Maak julle gereed! Trek op teen Kedar en vernietig die mense uit die ooste!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat oor die stad Kedar en oor die lande van Gasor. Koning Nebukadnesar het hulle oorwin. Die Here sê: “Julle moet gereedmaak en na Kedar gaan, julle moet die Oosmense verwoes,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende is wat die Here oor Kedar en die koninkryke van Gasor sê. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle aangeval. Die Here sê: “Maak reg en val Kedar aan! Vernietig die mense uit die ooste!