Jeremiah 49:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal sy jongmanne op sy strate val, en al die krygsmanne sal in dié dag uitgeroei word, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die jong mans sal op die strate val en doodgaan. Al die soldate sal sterf,” sê die Here, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in die dag omkom, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Sy jongmanne sal op sy strate sneuwel, al sy soldate sal omgebring word wanneer die tyd daar is, sê die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom sal haar jong manne val op haar stadspleine, en al haar krygsmanne sal omkom op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê die Here wat oor alles regeer: “Daardie dag sal die jongmanne van Damaskus in die strate van die stad val, en die soldate sal stil word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag as al hierdie dinge gebeur, sal die jongmans in die strate val en doodgaan. Al die soldate van Damaskus sal doodgemaak word. Dit is wat Ek, die Here, sê, en Ek is sterker as alles en almal. |