Jeremiah 49:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Damaskus het swak geword en bekeer haar om te vlug, en vrees het haar aangegryp; angs en smarte het haar gevat soos 'n vrou wat baar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Damaskus is moedeloos. Sy het omgedraai om te vlug, paniek het oor hulle toegesak. Angs het hulle beetgepak, bekommernis en pyn oorweldig hulle, soos vir ’n vrou wat geboorte gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp. |
| Afrikaans 1983 | Damaskus is magteloos, hy draai om om te vlug, hy is vreesbevange, angs en pyn soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring, het hom beetgepak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Damaskus se moed begewe haar; sy draai om om te vlug, paniek het haar in sy greep; benoudheid en geboortepyne het haar beetgepak soos vir 'n vrou wat geboorte gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die stad Damaskus kan niks doen nie, hulle het omgedraai en gevlug, hulle het groot geskrik. Hulle is so bang en hulle kry so seer soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Damaskus se mense is moedeloos en wil net wegvlug. Hulle lewe word deur angs en vrees oorheers. Hulle voel bang en ellendig soos ’n vrou wat deur geboortepyne oorval word. |