Jeremiah 49:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangaande Damaskus. Hamat is beskaamd en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle is moedeloos; daar is droefheid op die see; dit kan nie stil wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor Damaskus. Die Here sê: “Hamat en Arpad is ontsteld, hulle het slegte nuus gehoor. Hulle is ontmoedig, onrustig soos ’n onstuimige see. |
| Afrikaans 1933/1953 | Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie. |
| Afrikaans 1983 | Oor Damaskus. Hamat en Arpad is verslae, hulle het slegte nuus gehoor, hulle is onrustig, soos 'n onstuimige see, hulle kan nie tot rus kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor Damaskus. “Hamat en Arpad staan beskaamd, want hulle het slegte nuus gehoor. Van kommer wieg hulle heen en weer asof op die see wat nie tot rus kan kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here praat oor Damaskus. Hy sê: “Die mense van die stede Hamat en Arpad weet nie wat om te doen nie, want hulle het slegte nuus gekry. Hulle smelt weg, hulle gaan heen en weer soos die branders van die see wat nie stil word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oor Damaskus sê die Here: “Die mense in die stede Hamat en Arpad is geskok omdat hulle slegte nuus gehoor het. Hulle hart voel so onstuimig soos die see en kan nie tot rus kom nie. |