Jeremiah 49:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hy sal opkom en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei, en in dié dag sal die hart van die helde van Edom wees soos die hart van 'n vrou in haar weë.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk! Die vyand kom vinnig soos ’n arend wat sy vlerke uitsprei en hoog vlieg en dan op sy prooi toesak. So sal die vyand met Bosra maak. Daardie dag sal die dapperste soldate net so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
Afrikaans 1983 Die vyand sal soos 'n aasvoël opvlieg en afsak en oor Bosra sweef, en daardie dag sal Edom se soldate so bang wees soos vrouens wat vasgekeer is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, soos 'n arend styg hy op en vlieg; hy sprei sy vlerke uit oor Bosra. Die helde van Edom se harte is op daardie dag soos die hart van 'n vrou in barensnood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Soos 'n arend opvlieg en afkom en sy vlerke oopmaak, so sal die vyande na die stad Bosra kom. “Daardie dag sal die soldate van Edom so bang wees soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vyand sal soos ’n arend maak wat sy vlerke sprei en hoog vlieg, en dan vinnig op sy prooi toesak. So sal die vyand met Bosra maak. Daardie dag sal van die dapperste soldate net so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.”