Jeremiah 49:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die aarde wankel deur die geraas van hulle val, van die geskreeu is die geraas daarvan gehoor in die Rooi See.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer Edom tot ’n val kom, sal die aarde skud. Hulle geroep sal weerklink tot so ver as die Rietsee.
Afrikaans 1933/1953 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is 'n geskreeu -- by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.
Afrikaans 1983 Die aarde sal skud van die dreun van Edom se val, die geroep om hulp sal gehoor word tot by die Rietsee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die geluid van hulle val sal die aarde bewe. Die hulpgeroep – tot by die Rietsee sal die geluid daarvan gehoor word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die aarde sal skud wanneer die Edomiete val, die mense by die Riet-see sal hoor hoe skree die Edomiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer Edom tot ’n val kom, sal die aarde skud. Hulle geskree sal so ver as die Rietsee gehoor word.