Jeremiah 49:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor daarom die raad van die HERE wat Hy teen Edom geneem het; en sy planne wat hy teen die inwoners van Teman besluit het: Waarlik, die geringstes van die kleinvee sal hulle uittrek; sekerlik sal hy hulle woonplekke saam met hulle 'n wildernis maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister na die Here se planne vir Edom en vir die mense van Teman: Selfs die klein kindertjies sal weggesleep word. En hulle huise sal leeg staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees. |
| Afrikaans 1983 | Hoor wat die Here besluit het, wat sy beslissing oor Edom is, wat Hy Hom voorgeneem het oor die inwoners van Teman: hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne, Edom se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, luister na die raadsbesluit van die Here wat Hy teen Edom geneem het, en na sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Hulle sal hulle beslis wegsleep, selfs die kleinstes van die kudde. Oor hulle sal Hy beslis hulle weiding laat verwoes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle hoor wat die Here besluit het oor Edom, julle moet hoor wat Hy wil doen met die mense van die stad Teman. Die vyande sal hulle kinders wegsleep, dit is seker, hulle sal al die mense wegvat uit die woonplek van die Edomiete, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister mooi na wat die Here vir Edom en die mense van Teman beplan. Selfs die klein kindertjies sal uit hulle land weggevat word. Die res van die mense sal geskok wees oor wat met hulle gebeur. |