Jeremiah 49:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek 'n alarm van oorlog sal laat hoor in Rabba van die Ammoniete; en dit sal 'n woeste hoop wees, en haar dogters sal met vuur verbrand word; dan sal Israel erfgenaam wees van sy erfgename, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tyd kom,” sê die Here, “dat Ek jou sal straf daarvoor en Rabba, die Ammonietestad, sal vernietig. Net ’n hoop bourommel sal oorbly. Die dorpies rondom sal ook afgebrand word. Dan sal Israel weer die land terugneem wat julle van hulle afgevat het,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek oorlog aankondig teen Rabba, die Ammonietestad. Hy sal 'n verlate ruïneheuwel word en sy buitedorpe sal afgebrand word. Dan sal Israel dié verdryf wat hom verdryf het, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer Ek teen Rabba van die Ammoniete krygsgeskreeu sal laat opklink, en dit sal 'n verwoeste puinhoop word. Sy omliggende dorpies sal afgebrand word, en Israel sal dié wat hom sy besit ontneem het, in besit neem,” sê die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Omdat hulle dit gedoen het, sal Ek eendag oorlog laat kom in Rabba, die stad van die Ammoniete. Hulle sal die ramshorings blaas. Die stad Rabba sal 'n hoop klippe word, 'n hoop grond word waar niemand woon nie, en die vyande sal die stede naby Rabba verbrand. Dan sal die Israeliete die stede terugkry wat die Ammoniete gevat het.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tyd kom dat ’n geveg sal uitbreek teen die stad Rabba van die Ammoniete. Al wat van die stad sal oorbly, is ’n hoop bourommel. Die naburige dorpies sal ook afgebrand word. Dan sal die mense van Israel kom en die land wat van hulle afgevat is, terugvat.”