Jeremiah 49:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hy sal soos 'n leeu uit die vloed van die Jordaan optrek teen die woonplek van die sterkes; maar Ek sal hom skielik van haar laat wegvlug; en wie is 'n uitverkore man, dat Ek oor haar kan aanstel? want wie is soos ek? en wie sal vir my die tyd bepaal? en wie is daardie herder wat voor my sal staan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Soos ’n leeu wat by die Jordaanrivier uit die bosse kom op soek na groen weivelde, so sal Ek hulle uit hulle eie land verjaag. Ek sal ’n leier van my keuse aanstel. Wie kan met My vergelyk word? Wie sal My uitdaag? Watter leier kan My opponeer? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou? |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaan op 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom, so sal Ek vir Edom eensklaps verjaag uit sy land, en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies. Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep? Wie is die regeerder wat teen My kan standhou? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kyk, soos wanneer 'n leeu opkom uit die trots van die Jordaan na 'n weiplek aan 'n standhoudende stroom, ja, so sal Ek hulle vinnig daarvandaan laat weghardloop; en wie daartoe verkies is, sal Ek daar aanstel. Want wie is soos Ek? Wie kan My voor die gereg daag? Wie is hierdie herder wat voor My sal standhou?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ Dit moet julle weet, soos die diere in 'n weiveld langs 'n waterstroom vlug wanneer 'n leeu uit die bosse by die Jordaan-rivier kom, so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle land en Ek sal iemand kies om oor die land te regeer. Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen? Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal skielik op die mense van Edom afstorm soos ’n leeu wat uit die bosse by die Jordaan kom op soek na ’n prooi in die groen weivelde. Ek sal hulle uit hulle eie land laat weghardloop. Dan sal Ek ’n leier van my keuse oor hulle aanstel. Want wie kan met My vergelyk word? Wie kan dink om My uit te daag? Nie een van hulle leiers kan teen My opstaan nie. |