Jeremiah 49:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos by die omverwerping van Sodom en Gomorra en die naburige stede daarvan, spreek die HERE, mag niemand daar bly nie, en 'n mensekind mag daarin nie woon nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vernietiging van Edom sal net so erg wees as toe Sodom en Gomorra en die dorpe in die omgewing verwoes is. Niemand sal meer daar bly nie,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.
Afrikaans 1983 Soos Sodom en Gomorra en die buurdorpe verwoes is, sê die Here, so sal niemand in Edom woon nie; geen mens sal daar wil bly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos ná die verwoesting van Sodom en Gomorra en hulle buurdorpe, ” sê die Here, “sal niemand daar woon nie, sal geen mens daar oorbly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorra en die ander stede daar naby verwoes het. Niemand sal daar woon nie, nie een mens sal daar wil bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vernietiging van Edom sal net so erg wees as toe Sodom en Gomorra en die dorpe in die omgewing verwoes is. Niemand sal meer daar bly nie.