Jeremiah 49:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook Edom sal 'n wildernis wees; elkeen wat daar verbygaan, sal hom verstom en spot oor al sy plae. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Edom sal ’n verskrikking vir almal wees. Almal wat daar verbygaan, sal ontsteld wees en na hulle asems snak oor al die rampe wat hulle getref het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal Edom dan 'n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal hom verbaas en spot oor al sy plae. |
| Afrikaans 1983 | Edom sal 'n verlate plek word; elkeen wat daar verbykom, sal sy asem intrek en van verbasing fluit oor die slag wat vir Edom getref het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Edom sal 'n woesteny word; elkeen wat by hom verbygaan sal verslae wees en fluit oor al sy wonde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Niemand sal in Edom woon nie. Almal wat daar verbygaan, sal skrik en fluit wanneer hulle sien wat met die land gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal sal aan die bewe gaan as hulle sien wat met Edom gebeur het. Mense wat daar verbygaan, sal ontsteld wees en na hulle asem snak oor al die rampe wat Edom getref het. |