Jeremiah 49:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou verskrikking het jou bedrieg, en die trots van jou hart, o jy wat in die rotskloven woon, wat die hoogte van die heuwel vashou; al sou jy jou nes so hoog maak soos die arend, Ek sal jou afbring van daarvandaan, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vrees wat julle inboesem, ook julle hoogmoed, mislei julle. Julle bly in rotsskeure en beheer die hoogste dele van die heuwel. Maar al bly julle op hoë pieke soos arende, sal Ek julle hard aarde toe bring. Ek, die Here, sê dit!
Afrikaans 1933/1953 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Die vrees wat ander vir jou het en jou vermetelheid het jou mislei. Jy woon teen die kranse, jy klou vas aan die hoë bergtoppe, maar al bou jy jou nes daar in die hoogte soos 'n aasvoël, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrees wat jy inboesem, die verwaandheid van jou hart, het jou mislei, jy wat tuis is in die rotsskeure, wat die heuweltoppe beset. Al maak jy jou nes so hoog soos dié van 'n arend, van daar af sal Ek jou afbring, ” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het julleself bedrieg, julle het gespog en julle was hoogmoedig. Julle het tussen die rotse hoog in die berge gewoon soos 'n arend wat sy nes op die hoogste plek maak. Maar Ek sal julle afbring van daar af.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ander volke is baie bang vir julle. Julle dink ook vreeslik baie van julleself. Maar dit het julle eintlik ’n vals idee gegee oor hoe goed julle is. Julle bly ook in rotsskeure en domineer die hoogste dele van die heuwels. Maar al bly julle soos arende op die hoë pieke van die berge, sal Ek julle hard aarde toe bring. Ek, die Here, sê dit is wat sal gebeur!