Jeremiah 49:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het 'n gerug van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is na die nasies gestuur om te sê: Versamel julle en kom teen haar en staan op vir die geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ’n boodskap van die Here gekry: ’n Gesant is na die nasies gestuur om te sê: “Span saam teen Edom! Maak gereed vir ’n geveg!
Afrikaans 1933/1953 Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.
Afrikaans 1983 Ek het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê: Kom bymekaar, trek teen Edom op, maak oorlog teen hom!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het 'n boodskap gehoor wat van die Here af kom. 'n Boodskapper is onder die nasies ingestuur: “Kom byeen! Trek teen haar op! Maak gereed vir die geveg!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die nuus vir my vertel, Hy het 'n boodskapper na die volke toe gestuur en gesê: “Julle moet bymekaarkom, julle moet oorlog kom maak teen Edom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het nuus van die Here af gekry dat ’n boodskapper na die nasies gestuur is om te sê: “Span saam teen Edom. Maak julle reg vir ’n geveg!”