Jeremiah 49:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n woesteny, 'n smaad, 'n puinhoop en 'n vloek sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gesweer — so waar as Ek leef! — dat Bosra ’n plek sal word waarvoor mense sal skrik. Die stad sal in ’n puinhoop verander. Mense sal die plek as ’n vloek beskou en met die stad spot. Al die dorpies in die omgewing sal vir altyd verwoes lê.”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.
Afrikaans 1983 Ek lê 'n eed af by Myself, sê die Here, dat Bosra 'n verlate plek sal word, 'n spot, 'n uitgedorde stuk grond, 'n voorbeeld wat in verwensings aangehaal word, en dat al sy buitedorpe vir altyd in puin sal lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want by Myself lê Ek 'n eed af,” is die uitspraak van die Here, “dat Bosra 'n skrikbeeld, 'n bespotting, 'n puinhoop en 'n vervloeking sal word, en al sy dorpe ewige puinhope sal wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Ek het vir Myself belowe dat mense die naam van die stad Bosra sal noem wanneer hulle ander mense wil laat skrik of hulle wil spot of vervloek. Dit sal 'n droë plek word, en al die ander stede daar naby sal altyd net hope klippe wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesweer, so waar as Ek leef, dat Bosra ’n plek sal word waarvoor mense sal skrik. Die stad sal ’n hoop bourommel word. Mense sal die naam as ’n vloekwoord gebruik en met die stad spot. Al die dorpies in Bosra se omgewing sal vir altyd verwoes lê.”