Jeremiah 49:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke ontbloot, en hy sal hom nie kan verberg nie; sy nageslag is geplunder, en sy broers en sy bure, en hy is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek sal Edom kaal stroop. Niemand sal vir My kan wegkruip nie. Ek sal hulle kinders, familie en bure uitroei. Edom sal ophou bestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het Esau kaalgestroop, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat niemand daar kan wegkruip nie. Sy nageslag is uitgeroei, en ook sy broers en sy bure; daar is niemand oor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek, Ek het Esau kaalgestroop, Ek het sy skuilplekke blootgelê; as hy wil wegkruip, kan hy nie. Sy nageslag is uitgedelg, ook sy volksgenote en sy bure; hy is nie meer daar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek het self alles weggevat uit die land van Esau, Ek het die plekke oopgemaak waar hulle wou wegkruip, hulle kan hulleself nie meer wegsteek nie. Esau het nie meer 'n nageslag of broers of bure nie, en hy lewe self nie meer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek sal Edom kaal stroop. Ek sal al die wegkruipplekke oopmaak sodat niemand meer kan wegkruip nie. Al hulle kinders, familie en bure sal uitgewis word en Edom sal ophou bestaan. |