Jeremiah 49:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangaande die Ammoniete, so sê die HERE: Het Israel geen seuns nie? het hy geen erfgenaam nie? Waarom neem hulle koning dan Gad in besit en woon sy volk in sy stede? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie boodskap gaan oor die Ammoniete. Die Here sê: “Het Israel nie ’n nageslag wat die grond van Gad kan erf nie? Hoekom het julle wat Milkom aanbid, Gad ingeneem en in sy dorpe kom bly? |
| Afrikaans 1933/1953 | Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan? |
| Afrikaans 1983 | Oor die Ammoniete. So sê die Here: Het Israel dan nie seuns nie, het hy niemand wat sy vyand verdryf nie? Waarom het Milkom die gebied van Gad in besit geneem en woon sý mense in Gad se stede? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die Ammoniete. So sê die Here: “Het Israel geen kinders nie? Of het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom dan Gilead in besit geneem, en woon sy volk in die dorpe? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here praat oor die Ammoniete, Hy sê: “Die Israeliete het seuns wat hulle goed kan erf. Hoekom het die koning van die Ammoniete die Gad-stam se grond gekry? Hoekom het die Ammoniete gaan woon in die stede van Gad?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie deel gaan oor die mense van Ammon. Die Here sê: “Het Israel nie ’n nageslag wat die grond van Gad kan erf nie? Hoekom het die mense wat die god Milkom aanbid, dan hierdie grond vir hulle gevat? Hoekom bly hulle in hierdie stede? |