Jeremiah 48:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee vlerke aan Moab, dat hy kan vlug en wegkom; want sy stede sal 'n wildernis wees, sonder dat iemand daarin kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As Moab net vlerke gehad het sodat sy kon wegvlieg! Moab se dorpe sal almal verwoes word, sodat niemand meer daarin woon nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee vlerke aan Moab, want hy sal moet wegvlieg; en sy stede sal 'n woesteny word, sonder dat daar iemand in woon. |
| Afrikaans 1983 | Laat Moab vlug, want die land lê in puin. Sy stede lê verlate, sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rig 'n gedenkteken op vir Moab, want hy raak heeltemal vervalle; sy dorpe word 'n woesteny, sonder iemand wat daarin woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Moab moet vlug, ja, hulle moet gaan, dit is seker. Die stede van Moab sal leeg word, niemand sal daar woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Moab vlerke gehad het, sou sy weggevlieg het. Moab se stede is almal verwoes, daar is nie meer mense wat daarin bly nie. |